A A A A A
Josua 24
18
Dit is die Here wat al die volke voor ons uit verdryf het. Dit is Hy wat die Amoriete wat in die land woon voor ons laat padgee het. Ons sal ook die Here aanbid. Hy is ons God.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Die Here het al die volke weggejaag om plek te maak vir ons, Hy het ook die Amoriete weggejaag wat in die land gewoon het. Ons sal ook die Here dien, want Hý is ons God.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
Dit is Hy wat die Amoriete en al die ander nasies wat in hierdie land gebly het, verdryf het. Ons gaan beslis ook die Here dien; Hy is ons God!”
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
Die Here het al die volke voor ons uit verdryf, die Amoriete wat in die land gewoon het. Ook ons sal die Here dien. Hy is ons God.”
Afrikaanse Bybel 1983

18
en die HERE het al die volke en die Amoriet, die inwoner van die land, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal die HERE dien, want Hy is onse God.
Afrikaanse Bybel 1933/1953