A A A A A
Josua 23
6
“Staan sterk en doen haarfyn alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Maar julle moet baie sterk wees, julle moet alles doen wat geskryf is in die Wetboek van Moses, julle moet presies so lewe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
[6-7] “Julle moet julle uiterste bes doen om dit wat in die wetboek van Moses geskryf staan, na te kom. Moenie enige deel daarvan verwaarloos nie, want dan kan julle dalk deur die vreemde volke wat tussen julle bly, mislei word om hulle gode te dien. Moet dit nie doen nie. Moenie eers die name van hulle gode noem nie, wat nog te sê ’n eed in hulle naam aflê of hulle dien.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
“Maar julle moet sterk staan in die uitvoering van alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie,
Afrikaanse Bybel 1983

6
Maar julle moet daar baie vas by staan om sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die wetboek van Moses, dat julle daar nie regs of links van afwyk nie;
Afrikaanse Bybel 1933/1953