A A A A A
Josua 23
4
Ek het die gebiede van al die nasies wat nog oorgebly het onder julle verdeel, sowel hulle wat nog oorwin moet word as dié van al die nasies wat ek alreeds uitgeroei het. Dit is almal van die Jordaan af tot by die Middellandse See in die weste waar die son ondergaan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Julle weet dat ek hierdie grond vir julle stamme gegee het, die grond van die Jordaan-rivier tot by die Groot See in die weste. Dit was voorheen die grond van die volke wat ek doodgemaak het, en ook van volke wat nog hier is.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Ek het saam met die gebiede wat ek reeds verower het, ook die gebiede wat nog nie verower is nie, as besitting aan julle gegee: van die Jordaan af in die ooste tot by die Middellandse See in die weste.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Ek het saam met die gebiede van al die nasies wat ek uitgeroei het, ook dié van die nasies wat nog oorbly, as eiendom aan julle stamme toegeken: van die Jordaan af tot by die Groot See in die weste.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Kyk, ek het hierdie nasies wat nog oorgebly het, as erfdeel aan julle laat val, aan julle stamme, van die Jordaan af -- met al die nasies wat ek uitgeroei het -- tot by die Groot See in die weste.
Afrikaanse Bybel 1933/1953