A A A A A
Josua 23
14
“Ek sal binnekort sterf. Julle moet egter in julle diepste binnekant oortuig wees dat al die wonderlike dinge wat die Here julle God vir julle beloof het, alles reeds plaasgevind het. Daar is nie een van hulle nog uitstaande nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Luister na my, ek sal nou sterf, dit is die pad wat almal op die aarde moet loop. Julle weet baie goed dat al die goeie dinge gebeur het wat julle God die Here vir julle belowe het. Elke woord wat Hy gesê het, het waar geword.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
“Ek gaan binnekort sterf soos enige ander mens. En julle weet baie goed dat die Here elke belofte wat Hy nog aan julle gemaak het, vervul het. Nie een van sy beloftes het onvervuld gebly nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
“Self gaan ek nou die pad van almal op aarde. Julle weet met julle hele hart en siel dat nie een van al die goeie beloftes wat die Here julle God oor julle gemaak het, onvervul gebly het nie. Almal het uitgekom. Nie een belofte het onvervul gebly nie.
Afrikaanse Bybel 1983

14
En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953