A A A A A
Josua 23
1
Daar het ’n lang tyd verbygegaan sedert die Here vir Israel vrede met al sy bure gegee het. Josua het intussen baie oud geword.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Dit was 'n lang tyd nadat die Here die Israeliete laat wen het teen al hulle vyande rondom hulle. Josua was baie oud.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die jare het verbygegaan en Israel het rustig, sonder enige verdere probleme saam met hulle vyande in die land gebly wat die Here aan hulle gegee het. Teen hierdie tyd was Josua al baie oud.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Dit was al lank dat die Here na alle kante toe aan Israel rus gegee het van sy vyande, en Josua was al baie oud.
Afrikaanse Bybel 1983

1
'n Geruime tyd daarna, nadat die HERE aan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josua oud en ver op sy dae was,
Afrikaanse Bybel 1933/1953