1 |
Daarna het Josua die stamme van Ruben en Gad en die halwe Manassestam by hom laat bymekaarkom. |
2 |
Hy het vir hulle gesê: “Julle het pligsgetrou alles nagekom wat Moses, die dienaar van die Here, aan julle opgedra het. Julle het elke opdrag uitgevoer wat ek vir julle gegee het. |
3 |
Al het dit lank geduur, het julle nooit die ander stamme in die steek gelaat nie. Julle het alles gedoen wat die Here julle God julle beveel het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Daarna het Josua die manne van die stamme Ruben, Gad en die halwe Manasse-stam geroep |
2 |
en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gesê het en julle was altyd gehoorsaam aan my. |
3 |
Julle het hierdie hele lang tyd tot vandag toe nie die ander Israeliete gelos nie en julle het gedoen wat die Here wil hê. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Daarna het Josua die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam nader geroep. |
2 |
Toe sê hy: “Julle het alles gedoen wat Moses gevra het julle moet doen en julle het al my opdragte uitgevoer. |
3 |
Julle het nie julle broers in die steek gelaat nie, al het die inname van die land so lank geneem. Julle het elke opdrag van die Here julle God nagekom. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Josua het daarna die stamme Ruben en Gad en die een helfte van die Manassestam geroep |
2 |
en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses die dienaar van die Here julle beveel het en julle was gehoorsaam aan alles wat ek julle beveel het. |
3 |
Julle het hierdie hele tyd tot vandag toe nie julle broers in die steek gelaat nie en julle het gedoen wat die Here julle God julle beveel het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Toe het Josua die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse laat roep |
2 |
en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het. |
3 |
Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie -- dit is nou baie dae al tot vandag toe -- en het die ordening van die gebod van die HERE julle God onderhou. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|