A A A A A
Josua 22
4
Die Here julle God het soos Hy beloof het, vir julle volksgenote permanente blyplek gegee. Julle kan nou omdraai en teruggaan na julle woonplekke toe, na die grond wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle oorkant die Jordaanrivier gegee het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
En nou het julle God die Here die ander Israeliete laat wen teen hulle vyande, Hy het dit vir hulle belowe. Gaan nou terug na julle woonplekke in die land wat aan julle behoort, die land oos van die Jordaan-rivier. Dit is die land wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gegee het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Nou het die Here julle God sy belofte aan julle broers nagekom en hulle bly in vrede in hulle land. Julle kan nou teruggaan na julle eie land toe wat Moses vir julle gegee het, daar aan die oostekant van die Jordaan.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Nou het Hy aan julle broers 'n woonplek gegee soos Hy hulle beloof het. Gaan nou terug na julle eie woonplekke toe, na julle eie gebied oorkant die Jordaan wat Moses die dienaar van die Here aan julle toegeken het.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Maar nou het die HERE julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle oorkant die Jordaan gegee het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953