A A A A A
Josua 22
2
Hy het vir hulle gesê: “Julle het pligsgetrou alles nagekom wat Moses, die dienaar van die Here, aan julle opgedra het. Julle het elke opdrag uitgevoer wat ek vir julle gegee het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gesê het en julle was altyd gehoorsaam aan my.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Toe sê hy: “Julle het alles gedoen wat Moses gevra het julle moet doen en julle het al my opdragte uitgevoer.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses die dienaar van die Here julle beveel het en julle was gehoorsaam aan alles wat ek julle beveel het.
Afrikaanse Bybel 1983

2
en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953