A A A A A
Josua 22
10
Hulle het by Gelilot by die Jordaanrivier gekom. Dit is nog aan Kanaän se kant van die rivier. Daar het hulle langs die Jordaan ’n baie groot en mooi altaar gebou.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Hulle het by die stad Gelilot naby die Jordaan-rivier gekom, dit was in die land Kanaän. Die manne van die stamme Ruben en Gad en die halwe Manasse-stam het daar 'n altaar gebou, 'n groot altaar.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Voordat die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam die Jordaan oorgesteek het, het hulle ’n groot en indrukwekkende altaar by Gelilot in Kanaän gebou.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Toe hulle by Gelilot aan die Jordaan in Kanaän kom, bou hulle daar by die Jordaan 'n altaar, 'n groot indrukwekkende altaar.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan, wat in die land Kana„n lê, het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse daar 'n altaar gebou by die Jordaan, 'n altaar groot van aansien.
Afrikaanse Bybel 1933/1953