A A A A A
Josua 20
1
Die Here sê toe vir Josua:
2
“Sê vir die Israeliete hulle moet besluit oor die asielstede waaroor Ek met Moses gepraat het.
3
Iemand wat per ongeluk en sonder dat hy dit beplan het, iemand anders doodgemaak het, kan daarnatoe vlug. Dit sal vir hulle beskerming gee teen die wraak van ’n bloedverwant van die persoon wat dood is.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Here het vir Josua gesê:
2
“Jy moet vir die Israeliete sê: Julle moet nou sê watter stede moet asielstede wees. Ek het vir Moses gestuur om dit vir julle te sê.
3
Wanneer iemand 'n ander persoon doodgemaak het, maar dit was 'n ongeluk, hy wou dit nie doen nie, dan mag hy na 'n asielstad vlug. Die naaste familielid van die persoon wat dood is, mag nie die man doodmaak wat na die asielstad gevlug het nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Toe sê die Here vir Josua:
2
“Sê vir die Israeliete: Kies nou vir julle ’n aantal stede wat bekend sal staan as toevlugstede. Ek het die opdrag hieroor al in Moses se tyd gegee.
3
Die doel van hierdie stede is dat as iemand sonder opset iemand anders doodgemaak het, hulle daarheen kan vlug en daar beskerm kan word. Dan kan die familie van die persoon wat doodgemaak is, nie die ander persoon daar kom vang en doodmaak uit weerwraak nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die Here het vir Josua gesê: “Sê vir die Israeliete:
2
Julle moet nou die asielstede afstaan wat Ek julle deur Moses beveel het,
3
sodat iemand wat onopsetlik en sonder voorbedagte rade die dood van 'n ander veroorsaak het, daarheen kan vlug om aan die wraak van 'n bloedverwant van die oorledene te ontkom.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En die HERE het met Josua gespreek en gesê:
2
Spreek met die kinders van Israel en sê: Wys die vrystede vir julle aan waarvan Ek deur die diens van Moses met julle gespreek het,
3
dat hy wat 'n doodslag begaan het -- wat per ongeluk, sonder opset, 'n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug, sodat die vir julle kan dien as toevlugsoord vanweë die bloedwreker.
Afrikaanse Bybel 1933/1953