A A A A A
Josua 20
4
“Iemand wat na een van hierdie stede toe vlug, moet by die stadspoort aanmeld om sy saak aan die leiers van die stad te stel. Hulle moet hom in die stad toelaat en hom by hulle laat bly.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Wanneer so iemand vlug na een van hierdie asielstede, dan moet hy by die ingang van die stad se poort gaan staan en hy moet vir die leiers van die stad sê wat gebeur het. Hulle moet hom dan laat inkom in die stad en hulle moet vir hom 'n woonplek by hulle gee.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Wanneer iemand na so ’n stad toe vlug, moet hy eers by die leiers van die volk sy saak gaan stel. Hulle tree daar by die ingang van die stad as regters op. As hulle tevrede is, sal hulle die persoon toelaat om in die stad in te gaan en daar te gaan bly.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
“Wanneer so iemand na een van dié stede toe vlug, moet hy by die ingang van die stadspoort gaan staan en sy saak stel aan die leiers van die stad. Hulle moet hom dan in die stad opneem en hom 'n woonplek by hulle gee.
Afrikaanse Bybel 1983

4
As hy dan na een van hierdie stede toe vlug en gaan staan by die ingang van die stadspoort en sy saak voor die ore van die oudstes van daardie stad meedeel, moet hulle hom by hulle in die stad opneem en aan hom plek gee, dat hy by hulle kan woon;
Afrikaanse Bybel 1933/1953