15 |
Sy het op die muur gewoon. Haar huis was daar gebou. Sy het hulle met ’n tou deur die venster laat afsak. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
15 |
Ragab het die twee mans toe met 'n tou deur die venster laat sak, want haar huis was op die muur van die stad, sy het op die muur gewoon. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
15 |
Later het Ragab hulle met ’n tou deur die venster laat afsak, want haar huis was in die stadsmuur ingebou. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
15 |
Sy het hulle met 'n tou deur die venster laat afsak; haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy in die muur gewoon het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
15 |
Daarop het sy hulle met 'n lyn deur die venster laat afsak; want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur gewoon het; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|