A A A A A
Josua 19
1
Die tweede loting was vir die grond van die families van die stam Simeon. Hulle deel het binne die grond van Juda gelê.
2
Hulle gebied het ingesluit Berseba, Seba, Molada,
3
Gasar-Sual, Baäla, Esem,
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Toe Josua weer lootjies trek, het die families in die Simeon-stam hulle grond gekry. Hulle grond was binne-in die grond van die Juda-stam.
2
Die stede wat hulle gekry het, was: Berseba, Seba, Molada,
3
Gasar-Sual, Baäla, Esem,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die tweede stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Simeon. Hulle gebied het ’n deel van dié van Juda ingesluit en is eintlik deur Juda se gebied omring.
2
Dit het die volgende stede en dorpe ingesluit: Berseba, Seba, Molada,
3
Gasar-Sual, Baäla, Esem,
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die tweede loting was vir Simeon, vir die families in die stam Simeon. Hulle eiendom was binne-in dié van Juda.
2
Hulle het as eiendom ontvang Berseba, Seba, Molada,
3
Gasar-Sual, Baäla, Esem,
Afrikaanse Bybel 1983

1
En die tweede lot het uitgekom vir S¡meon, vir die stam van die kinders van S¡meon volgens hulle geslagte; en hulle erfdeel was in die middel van die erfdeel van die kinders van Juda.
2
En hulle het in hulle erfdeel gehad: Beër-Seba en Seba en Molada,
3
en Hasar-Sual en Bala en Esem,
Afrikaanse Bybel 1933/1953