A A A A A
Josua 19
9
Hulle het ’n deel van Juda se gebied gekry. Juda se grond was te groot vir hulle. So het die stam Simeon grond binne-in Juda se gebied ontvang.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Die stam het 'n deel van Juda se grond gekry, want die grond wat Juda gekry het, was te veel vir hulle. Die Simeon-stam het grond gekry binne-in die Juda-stam se grond.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Simeon het ’n deel van Juda se grondgebied gekry omdat die gebied wat aan Juda toegeken was, eintlik te groot was vir die aantal mense in dié stam.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Hulle het 'n deel van Juda se gebied gekry, want dié was vir Juda te groot. Die stam Simeon het dus eiendom binne-in dié van Juda ontvang.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Uit die aandeel van die kinders van Juda is die erfdeel van die kinders van S¡meon, omdat die deel van die kinders van Juda vir hulle te groot was; daarom het die kinders van S¡meon geërwe in die middel van hulle erfdeel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953