51 |
Dit was dan die gebiede wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun saam met die familiehoofde aan die Israelitiese stamme toegeken het. Hulle het voor die Here by die ingang van die tabernakel in Silo geloot oor die verdeling van die land. So is die verdeling van die land afgehandel. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
51 |
Dit was al die grond wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun en die familiehoofde vir die Israeliete gegee het. Hulle het lootjies getrek voor die Here in die stad Silo, by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
51 |
So het die priester Eleasar en Josua die seun van Nun saam met die familiehoofde in Silo in die teenwoordigheid van die Here aan die Israeliete hulle woongebiede toegeken. Die verdeling van die land is toe afgehandel. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
51 |
Dit was dan die woongebiede wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun saam met die familiehoofde aan die Israelitiese stamme toegeken het. Hulle het die verdeling van die land afgehandel deur loting in Silo in die teenwoordigheid van die Here, by die ingang van die tent van ontmoeting. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
51 |
Dit is die erfdele wat Ele sar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die aangesig van die HERE, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|