A A A A A
Josua 19
49
Nadat die Israeliete die land onder mekaar verdeel het, het hulle ook vir Josua, die seun van Nun, ’n stuk grond tussen hulle gegee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

49
Nadat die Israeliete klaar vir elke stam sy deel van die land gegee het, het hulle vir Josua ook 'n stuk grond tussen hulle gegee.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

49
Nadat al die stamme van Israel hulle eie deel van die land gekry het, het hulle ook vir Josua die seun van Nun ’n stukkie land gegee waarop hy kon bly.
Afrikaanse Bybel DB 2006

49
Nadat die Israeliete die land in sy onderskeie gebiede aan die stamme toegewys het, het hulle aan Josua seun van Nun 'n eiendom tussen hulle toegeken.
Afrikaanse Bybel 1983

49
Toe hulle die land volgens sy grenslyne as erfenis geheel verdeel het, het die kinders van Israel aan Josua, die seun van Nun, 'n erfdeel onder hulle gegee;
Afrikaanse Bybel 1933/1953