22 |
Hulle grens is teen Tabor, na Sagasajim en by Bet-Semes verby en loop dood teen die Jordaan. Daar is sestien dorpe met hulle kleiner dorpies rondom. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
22 |
Hulle grens gaan langs die stede Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en dan tot teen die Jordaan-rivier. Hulle het 16 stede en die dorpies daar naby gekry. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
22 |
Verder gaan hulle grens teen Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en loop uiteindelik dood teen die Jordaan. Daar is altesaam sestien stede met hulle omringende dorpe. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
22 |
Hulle grens gaan teen Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en loop dood teen die Jordaan. Daar is sestien stede met hulle buiteposte. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
22 |
en die lyn raak aan Tabor en Sahas¡ma en Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle dorpe. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|