A A A A A
Josua 18
9
Die mans het vertrek en deur die land gegaan. Hulle het die dorpe volgens sewe streke in ’n boek opgeskryf. Hulle het toe teruggekom by Josua in die kamp by Silo.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Die manne het deur die land gegaan en hulle het die stede in die sewe dele opgeskryf in 'n boek, en daarna het hulle teruggekom na Josua toe in die kamp by die stad Silo.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Die groep is toe daar weg. Hulle het die gebied in sewe dele op hulle kaart verdeel en ook al die dorpe in elke gebied opgeskryf. Daarna is hulle terug na Josua toe in die kamp by Silo.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Die manne is weg en het die land deurgegaan en in 'n boek 'n beskrywing van die sewe dele opgeteken, stad vir stad. Daarna is hulle terug na Josua toe in die kamp by Silo.
Afrikaanse Bybel 1983

9
En die manne het gegaan en die land deurgetrek en dit in 'n boek beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na Josua gekom in die laer van Silo.
Afrikaanse Bybel 1933/1953