A A A A A
Josua 18
7
Die Leviete kry nie ’n deel saam met julle nie. Hulle erfporsie is die priesterskap vir die Here. Gad, Ruben en die helfte van Manasse het reeds hulle deel oos van die Jordaan gekry toe Moses, die dienaar van die Here, dit vir hulle gegee het.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Die Levi-stam kry nie 'n deel van die land saam met julle nie, want hulle deel is om priesters van die Here te wees. En die stamme Gad en Ruben en die halwe Manasse-stam het klaar hulle grond gekry oos van die Jordaan-rivier. Moses, die dienaar van die Here, het daardie grond vir hulle gegee.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Die Leviete kry nie enige grond nie, want die Here het hulle die voorreg gegee om priesters in sy diens te wees. Wat Gad, Ruben en die halwe Manassestam betref, hulle het reeds hulle gedeelte aan die oostekant van die Jordaan gekry toe Moses die dienaar van die Here nog geleef het.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Die Leviete kry nie 'n deel saam met julle nie, want hulle besondere voorreg is die priesterskap in diens van die Here. Gad, Ruben en die helfte van Manasse het hulle deel oos van die Jordaan gekry waar Moses, die dienaar van die Here, dit aan hulle toegeken het.”
Afrikaanse Bybel 1983

7
Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van die HERE hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die HERE, hulle gegee het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953