19 |
noord van die skuinste van Bet-Gogla verby en tot by die noordelike punt van die Dooie See waar die Jordaan inloop. Dit is die suidelike grens van hulle gebied. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
19 |
Daarna gaan die grens noord tot naby Bet-Gogla, en dit gaan tot teen die noordelike punt van die Sout-see, die Jordaan-rivier vloei daar in die Sout-see. Dit is die suidgrens. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
19 |
verby die noordelike hang van Bet-Gogla, totdat dit doodloop by die noordelike punt van die Dooie See waar die Jordaan in dié see invloei. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
19 |
noord van die hang van Bet-Gogla verby en loop dood by die noordelike punt van die Soutsee, waar die Jordaan inloop. Dit is die suidelike grens. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
19 |
verder loop die lyn oor na die hang van Bet-Hogla in noordelike rigting; dan loop die lyn dood by die noordelike tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die suidelike lyn; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|