A A A A A
Josua 18
11
Die lot het bepaal dat die families van die stam Benjamin die gebied tussen dié van Juda en Josef moet kry.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Toe Josua die eerste lootjie trek, het die Benjamin-stam hulle grond gekry tussen die grond van die mense van Juda en die grond van die nageslag van Josef.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Die eerste stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Benjamin. Dit was die gebied tussen die gedeeltes van Juda en Josef.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Aan die families in die stam Benjamin is deur loting 'n gebied toegeken tussen dié van Juda en Josef.
Afrikaanse Bybel 1983

11
En die lot het opgekom van die stam van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte; en die gebied wat vir hulle deur die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van Juda en die kinders van Josef;
Afrikaanse Bybel 1933/1953