A A A A A
Josua 18
1
Toe die hele land onder Israel se beheer was, het die Israelitiese volksvergadering by Silo bymekaargekom. Hulle het die tabernakel daar opgeslaan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die hele volksvergadering van die Israeliete het in die stad Silo bymekaargekom en hulle het die tent daar opgeslaan, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hulle het die hele land klaar oorwin,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Toe die land uiteindelik onder die Israeliete se beheer was, het hulle ’n volksvergadering by Silo gehou en ook die tabernakel daar opgeslaan.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Die hele Israelitiese volksvergadering het in Silo bymekaargekom en die tent van ontmoeting daar opgeslaan. Die land was nou onderwerp,
Afrikaanse Bybel 1983

1
Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel in Silo byeengekom en daar die tent van samekoms opgeslaan, aangesien die land voor hulle onderwerp was.
Afrikaanse Bybel 1933/1953