A A A A A
Josua 17
9
Van daar af loop die grens noordwaarts langs die Kanaspruit. Suid van die spruit lê dorpe tussen dié van Manasse wat aan Efraim behoort. Manasse se grens is noord van die spruit en dit loop dood teen die Middellandse See.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Die grond van die Manasse-stam gaan tot teen die Kana-vallei. Die grens is noord van die vallei tot teen die see. Suid van die vallei is daar stede van Efraim, hierdie stede was tussen die stede wat aan Manasse behoort.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Van daar af loop die grens af na die spruit Kana toe. Die stede aan die suidekant van die rivier het egter aan Efraim behoort, alhoewel hulle in die gebied van Manasse geval het. Manasse se grens het die noordelike oewer van dié spruit in ’n westelike rigting gevolg tot waar dit in die Middellandse See uitgemond het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Van Tappuag af loop die grens af na Kanaspruit toe. Suid van die spruit lê stede van Efraim tussen dié van Manasse. Manasse se grens is noord van die spruit en dit loop dood aan die see.
Afrikaanse Bybel 1983

9
verder loop die lyn af na die spruit Kana, suid van die spruit: daardie stede, onder die stede van Manasse, behoort aan Efraim; en die lyn van Manasse is noord van die spruit en loop dood by die see.
Afrikaanse Bybel 1933/1953