A A A A A
Josua 17
3
Selofgad, die seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, het nie seuns gehad nie. Hy het net vyf dogters gehad. Hulle name was: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Maar Selofgad seun van Gefer seun van Gilead seun van Makir seun van Manasse het nie seuns gehad nie, hy het net dogters gehad. Hulle name was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Selofgad het nie seuns gehad nie, maar wel vyf dogters: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. Selofgad se voorouers se name was Gefer, Gilead, Manasse en Makir.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Selofgad seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, net dogters. Hier is hulle name: Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.
Afrikaanse Bybel 1983

3
Maar Selofhad, die seun van Hefer, die seun van G¡lead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar net dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa;
Afrikaanse Bybel 1933/1953