A A A A A
Josua 17
18
Julle kan die beboste heuwelgebied ook kry. Maak dit skoon sodat julle daar kan woon. Die Kanaäniete het wel ysterstrydwaens en hulle is sterk. Julle is egter sterk genoeg om hulle uit te dryf.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Maar julle moet ook die berge kry wat vol bosse is. Julle moet die bosse uitkap en julle moet die grond skoonmaak sodat julle die hele bergland kan kry. Die Kanaäniete het oorlogkarre en hulle leër is sterk, maar julle sal hulle oorwin en wegjaag en julle sal hulle stede vat.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
Die bosdele van die bergagtige gebied behoort ook aan julle. Ontbos soveel daarvan as wat julle wil en gaan woon daar. Wat die Kanaäniete betref, ek weet hulle is sterk en hulle het ysterstrydwaens, maar ek is seker dat julle sterk genoeg is om hulle uit die gebied uit te verdryf.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
Die Bergland is julle s'n. Dit is bebos, maar julle kan dit skoonmaak en dit ten volle benut. Die Kanaäniete het wel ysterstrydwaens en hulle is sterk, maar julle sal hulle uitdryf.”
Afrikaanse Bybel 1983

18
want die gebergte sal joue wees -- 'n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want jy moet die Kana„niet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk.
Afrikaanse Bybel 1933/1953