17 |
Josua het toe vir die nageslag van Josef, vir Efraim en Manasse, gesê: “Omdat julle so baie en so sterk is, sal ons met die lot vir julle meer as een deel aanwys. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
17 |
Josua het vir die nageslag van Josef, vir die stamme Efraim en Manasse, gesê: “Julle is baie mense en julle stam is baie sterk, julle moet meer as een deel hê. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
17 |
Hierop sê Josua toe vir die stamme van Efraim en Manasse: “Julle is inderdaad ’n groot en sterk groep mense. Daarom sal julle meer as een deel kry. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
17 |
Daarom het Josua vir die nageslag van Josef, vir Efraim en Manasse, gesê: “Julle is baie mense en julle is sterk. Julle kry dus nie net een deel nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
17 |
Toe het Josua met die huis van Josef, met Efraim en Manasse gespreek en gesê: Jy is 'n groot volk en jy het groot krag: jy sal nie net een lot hê nie; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|