A A A A A
Josua 17
16
Hulle het vir Josua gesê: “Die heuwels is nie groot genoeg vir ons nie. Al die Kanaäniete wat in die vallei woon en in die gebied rondom Bet-San en op die Jisreëlvlakte is sterker as ons, want hulle het ysterstrydwaens.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Die Josef-stamme het toe gesê: “Die berge is nie genoeg vir ons nie, en al die Kanaäniete wat in die vallei woon, het oorlogkarre van yster, die Kanaäniete wat woon in die stad Bet-San en die dorpies daar naby, en in die Jisreël-vallei.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
“Die bergagtige gebied is beslis te klein vir ons,” het hulle geantwoord, “maar die probleem is dat die Kanaäniete wat in die vlaktes bly, almal ysterstrydwaens het waarmee hulle oorlog maak. Dit geld nie net die Kanaäniete wat in Bet-San en die omringende dorpies bly nie, maar ook dié wat op die Jisreëlvlakte bly.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Hulle het vir Josua gesê: “Die Bergland is nie groot genoeg vir ons nie, en al die Kanaäniete wat in die laagte woon, het ysterstrydwaens, dié in Bet-San en sy buiteposte, en dié in die Jisreëlvlakte.”
Afrikaanse Bybel 1983

16
Maar die kinders van Josef het gesê: Die gebergte sal nie vir ons genoeg wees nie, en al die Kana„niete wat in die lae streke woon, het ysterwaens, die van Bet-Sean met sy onderhorige plekke sowel as die van die laagte van J¡sreël.
Afrikaanse Bybel 1933/1953