A A A A A
Josua 17
15
Josua het vir hulle gesê: “As julle dan te veel is vir die grond in Efraim, gaan op na die gebied van die Feresiete en die Refaïete en gaan kap vir julle daar ’n plek oop in die bosse.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Josua het vir hulle gesê: “As julle so baie mense is en as die Efraim-berge nie genoeg is vir julle nie, dan moet julle die bosse gaan uitkap en vir julle grond skoonmaak in die land van die Feresiete en Refaïete.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
“Wel,” sê Josua toe vir hulle, “as die bergagtige gebied van Efraim te klein is vir julle, is daar niks wat julle verhinder om die beboste gebiede van die Feresiete en die Refaïete vir julleself in te neem, dit te ontbos en daar te gaan bly nie.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Josua het vir hulle gesê: “Julle is baie. Gaan maak vir julle 'n stuk boswêreld skoon in die gebied van die Feresiete en die Refaïete. Die Efraimsberge is te klein vir julle.”
Afrikaanse Bybel 1983

15
En Josua het vir hulle gesê: As jy 'n groot volk is, trek dan op na die boswêreld en kap vir jou daar 'n plek skoon in die land van die Feresiete en Refa‹ete, ingeval die gebergte van Efraim vir jou te nou is.
Afrikaanse Bybel 1933/1953