A A A A A
Josua 17
14
Die afstammelinge van Josef het vir Josua gaan vra: “Waarom loot u vir ons net een stuk grond? Ons is baie mense, want die Here het ons met baie mense geseën.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Die Josef-stamme het vir Josua gevra: “Hoekom het jy vir ons net een deel van die land gegee om aan ons te behoort? Ons is baie mense, want die Here het ons baie geseën.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Die afstammelinge van Josef het ook met Josua gaan praat en vir hom gesê: “Hoekom het jy vir ons net een deel van die hele land gegee om in te bly? Besef jy nie dat die Here ons geseën het en dat ons ’n baie groot groep mense is nie?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Die nakomelinge van Josef het met Josua gaan praat: “Waarom loot u vir ons net een keer en gee u ons net een deel? Ons is baie mense, want die Here het ons besonderlik geseën.”
Afrikaanse Bybel 1983

14
Toe het die kinders van Josef met Josua gespreek en gesê: Waarom het u my as erfdeel net een lot en een aandeel gegee terwyl ek tog 'n groot volk is, omdat die HERE my tot hiertoe geseënhet?
Afrikaanse Bybel 1933/1953