A A A A A
Josua 17
10
Die deel aan die suidekant van die spruit het dus aan Efraim behoort en dié aan die noordekant aan Manasse. Manasse se gebied loop tot teen die Middellandse See. Die gebied noord van Manasse het aan Aser behoort en die gebied oos van Manasse aan Issaskar.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Efraim se grond was suid van die vallei en Manasse se grond was noord. Manasse se grond gaan tot by die see, en noord van sy grond is die grond van die Aser-stam, en oos is die grond van die Issaskar-stam.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Die gebied aan die suidekant van die kloof het aan Efraim behoort en die gebied noord daarvan aan Manasse, met die Middellandse See as die wesgrens. In die noordweste het Manasse aan Aser gegrens en in die noordooste aan Issaskar.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Efraim was aan die suidekant en Manasse aan die noordekant. Die gebied van Manasse loop tot teen die see, en grens noord aan Aser en oos aan Issaskar.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Suid behoort dit aan Efraim, maar noord aan Manasse; en die see is sy lyn; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Issaskar.
Afrikaanse Bybel 1933/1953