A A A A A
Josua 16
1
Die grond wat deur loting vir die nageslag van Josef uitgewys is, strek vanaf die Jordaan by Jerigo, oos van die Jerigofonteine, deur die woestyn na die berge by Bet-El.
2
Van Bet-El (dit is Lus) af loop dit na Atarot in die gebied van die Erekiete,
3
dan weswaarts af na die gebied van die Jafletiete tot by die gebied van Bet-Goron-Onder en dan na Geser en dan loop dit dood teen die Middellandse See.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Hulle het lootjies getrek en hulle het vir die nageslag van Josef die grond gegee wat begin by die Jordaan-rivier naby Jerigo, oos van die Jerigo-fonteine. Die grens gaan van Jerigo deur die woestyn na die Bet-El-berge,
2
en van Bet-El na die stad Lus, en dan verby die grens van die Arkiete na die stad Atarot.
3
Daarna gaan die grens wes na die grens van die Jafletiete tot teen die grens van die stad Bet-Goron-Onder en die stad Geser, en dan tot teen die see.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die gebied wat die kinders van Josef gekry het, het gestrek van die Jordaan af naby Jerigo, by ’n punt oos van Jerigo naby die fonteine waar Jerigo se drinkwater vandaan gekom het. Van daar af loop die grens deur die woestyn in die bergagtige gebiede in tot so ver as Bet-El.
2
Van Bet-El af loop dit na Lus toe en dan oor die grondgebied van die Erekiete tot by Atarot.
3
Hiervandaan gaan dit weswaarts af na die grens van die Jafletiete toe tot so ver as Bet-Goron-Onder en dan oor Geser tot waar dit doodloop teen die Middellandse See.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Aan die nakomelinge van Josef is deur loting 'n gebied toegeken wat strek van die Jordaan af regoor Jerigo, oos van die Jerigofonteine. Die grens loop van Jerigo af oor die woestyn op na Bet-El se berge toe.
2
Van Bet-El af loop dit na Lus toe, en verby die grens van die Erekiete na Atarot toe,
3
dan weswaarts af na die grens van die Jafletiete toe tot by die grens van Bet-Goron-Onder en Geser, en dit loop dan dood aan die see.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van J,rigo af, oostelik van die waters van J,rigo, na die woestyn wat van J,rigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;
2
verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Atarot;
3
dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see.
Afrikaanse Bybel 1933/1953