9 |
Efraim het ook dorpe met hulle omringende gehuggies binne die grondgebied van die halwe stam van Manasse gekry. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
9 |
Die Efraim-mense het ook stede gekry op die grond van die Manasse-mense, hulle het die stede en die dorpies daar naby gekry. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
9 |
Hulle het ook ’n aantal dorpe en stede binne die grondgebied van Manasse gekry. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
9 |
Daarby het gekom al die stede en buiteposte wat aan die Efraimiete toegeken is binne-in die grondgebied van Manasse. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
9 |
en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|