7 |
Ek was 40 jaar oud toe Moses, die dienaar van die Here, my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te gaan verken. Ek het na hom teruggekom en verslag gedoen soos ek sake gesien het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
7 |
Ek was 40 jaar oud toe Moses, die dienaar van die Here, vir my van Kades-Barnea gestuur het om te kyk hoe die land is. Ek moes eerlik vir hom kom sê wat ek gesien het. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
7 |
Ek was 40 jaar oud toe Moses die Here se dienaar my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te gaan verken. Die verslag wat ek teruggebring het, was eerlik. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
7 |
Ek was veertig toe Moses, die dienaar van die Here, my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te verken. Ek het aan hom verslag gedoen soos ek sake gesien het, |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
7 |
Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van die HERE, my uitgestuur het van Kades-Barn,a af om die land te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was; |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|