33 |
Aan die stam Levi het Moses nie enige grond toegeken nie. Die Here, die God van Israel, was hulle erfdeel, soos Hy vir hulle beloof het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
33 |
Hy het nie vir die Levi-stam hulle eie grond gegee nie. Hulle het die Here self, die God van Israel, gekry, die Here het dit vir hulle belowe. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
33 |
Die stam van Levi het nie grond as ’n erfporsie gekry nie. Die Here, die God van Israel, sou vir hulle sorg uit dit wat aan Hom behoort het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
33 |
Aan die stam Levi het Moses nie 'n eie besitting toegeken nie. Hulle ontvang van wat die Here die God van Israel self toekom, soos Hy hulle beloof het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
33 |
maar aan die stam van Levi het Moses geen erfdeel gegee nie; die HERE, die God van Israel, is self hulle erfdeel, soos Hy hulle beloof het. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|