A A A A A
Josua 13
3
Die gebied van die spruit van Sigor af teen die grens met Egipte tot by die Ekrongebied in die noor-de is Kanaänitiese gebied. Dit is die gebiede van die vyf Filistynse regeerders van Gasa, Asdod, Askelon, Gat en Ekron. Daar is nog die gebied van die Awwiete in die suide.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Dit is 'n deel van die land Kanaän, en dit is die grond van die Sigor-rivier naby Egipte tot by die stad Ekron in die noorde. Die grond van die vyf leiers van die Filistyne wat regeer oor die stede Asdod, Askelon, Gat, Ekron en Gasa is 'n deel van die land.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Ook die deel van hierdie gebied wat aan die Kanaäniete behoort. Dit is die gebied wat strek van die Sigorrivier af aan die oosgrens van Egipte en noordwaarts tot by die grens met Ekron. Dit sluit in die vyf Filistynse dorpe Gasa, Asdod, Askelon, Gat en Ekron, asook die gebied van die Awwiete in die suide.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Die gebied van die Sigor af teen Egipte tot by die Ekrongebied in die noorde word as Kanaänitiese gebied beskou. Dit is die gebiede van die vyf Filistynse regeerders, dié van Gasa, Asdod, Askelon, Gat en Ekron, en dit sluit die gebied van die Awwiete in.
Afrikaanse Bybel 1983

3
van die Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kana„nities gereken word; die vyf vorste van die Filistyne: die van Gasa en die van Asdod, die van Askelon, die van Gat en die van Ekron, en die Awiete
Afrikaanse Bybel 1933/1953