A A A A A
Josua 13
23
Die grond van die stam Ruben het aan die Jordaan gegrens. Hierdie dorpe en hulle buiteposte is vir die afstammelinge van Ruben gegee as hulle erfgrond.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

23
Die grond van die Ruben-stam was langs die Jordaan-rivier. Dit was die grond van die families van die Ruben-stam, en dit was die stede en die dorpies daar naby.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

23
Die wesgrens van Ruben se grondgebied was die Jordaan. Al die dorpe en stede in hierdie gebied was die erfdeel van die families van die stam van Ruben.
Afrikaanse Bybel DB 2006

23
Die gebied van die stam Ruben het aan die Jordaan gegrens. Dit was dan die besitting van die families in die stam Ruben, die stede en hulle buiteposte.
Afrikaanse Bybel 1983

23
So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
Afrikaanse Bybel 1933/1953