A A A A A
Josua 13
21
al die stede op die plato, die hele koninkryk van die Amoritiese koning Sihon wat in Gesbon regeer het. Moses het vir Sihon verslaan en ook sy bondgenote, die Midianitiese leiers Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba, wat saam met hom in die land gewoon het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Dit was al die stede op die Hoëveld, die hele land van koning Sihon van die Amoriete. Sihon was die koning in Gesbon. Moses het vir Sihon oorwin saam met die leiers van die Midianiete. Die leiers was Ewi, Rekem, Sur, Gor en Reba. Hulle was amptenare van Sihon en hulle het in die land gewoon.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Hierdie gebied het al die stede op die platorand ingesluit, asook die hele koninkryk van koning Sihon. Hy was die Amoritiese koning wat in Gesbon regeer het en wat saam met die leiers van Midian Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba deur Moses verslaan is.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
al die stede op die hoogvlakte, die hele koninkryk van die Amoritiese koning Sihon wat in Gesbon geregeer het. Moses het vir Sihon verslaan en ook die Midianitiese leiers Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba, stamhoofde wat aan Sihon onderhorig was en in die land gewoon het.
Afrikaanse Bybel 1983

21
en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het saam met die vorste van M¡dian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die land.
Afrikaanse Bybel 1933/1953