A A A A A
Josua 13
14
Aan die stam van Levi het Moses nie hulle eie grond gegee nie. Hulle erfenis is die offers wat vir die Here, die God van Israel, gebring word. Dit is soos Hy hulle beloof het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Moses het nie vir die Levi-stam hulle eie grond gegee nie. Die Here het vir Moses gesê die Levi-stam moet die vuur-offers kry van die Here, die God van Israel.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Net die stam van Levi het nie ’n eie grondgebied gekry nie. Hulle erfdeel was, soos die Here beloof het, ’n deel van die offers wat op die altaar aan die Here, die God van Israel, geoffer is.
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Net aan die stam Levi het Moses nie 'n eie besitting toegeken nie. Die Leviete is offers aan die Here die God van Israel en hulle ontvang van wat Hom toekom, soos Hy hulle beloof het.
Afrikaanse Bybel 1983

14
Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van die HERE, die God van Israel, dit is sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953