A A A A A
Josua 13
1
Josua het oud geword. Die Here het vir hom gesê: “Jy het aangestap in jare en baie van die land is nog oor om in besit geneem te word.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Toe Josua baie oud was, het die Here vir hom gesê: “Jy is baie oud, en julle het 'n groot deel van die land nog nie oorwin en vir julleself gevat nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Teen dié tyd was Josua al baie oud. Daarom het die Here vir hom gesê: “Jy is nou al baie oud, maar daar is nog ’n groot deel van die land wat ingeneem moet word:
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Josua was al baie oud. Die Here het vir hom gesê: “Jy is al baie oud, en daar is nog 'n baie groot deel van die land wat in besit geneem moet word.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En toe Josua oud en ver op sy dae was, het die HERE vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog 'n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem.
Afrikaanse Bybel 1933/1953