A A A A A
Josua 12
8
Dit was die heuwelgebied, die kusvlakte, die Jordaanvallei, die heuwelhange, die woestyngebied en die Negevwoestyn. Die mense wat hier gebly het, was die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Dit was die Bergland, die Laeveld, die Jordaan-vallei, die Heuwels, die woestyn en die Suid-land. Dit was die land waar die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete gewoon het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Dit het ingesluit die berggebiede, die laeveld, die Jordaanvallei, die oostelike hange en die woestyngebied tot in die suide. Dit was gebiede wat voorheen aan die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete behoort het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
die Bergland, die Laeveld, die Jordaanvallei, die Hange, die woestyngebied en die Suidland, die gebiede waar die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete gewoon het.
Afrikaanse Bybel 1983

8
op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die woestyn en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kana„niete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:
Afrikaanse Bybel 1933/1953