A A A A A
Josua 12
7
Die volgende is die konings duskant die Jordaan, die westekant, wat Josua en die Israeliete verslaan het. Dit strek van Baäl-Gad in die Libanonvallei af tot by Kaalberg wat oploop na Seïr toe. Josua het dit onder die ander stamme as hulle erfgrond verdeel:
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Josua en die Israeliete het ook die konings wes van die Jordaan-rivier oorwin, van die stad Baäl-Gad in die Libanon-vallei tot by die Galak-berg waar 'n mens opgaan na die land Seïr. Josua het hierdie land gegee vir die ander stamme van Israel, elke stam het 'n deel gekry wat aan hom kon behoort.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Die volgende is ’n lys van die konings wat Josua en die Israeliete aan die westekant van die Jordaan verslaan het, vanaf Baäl-Gad in die Libanonvallei tot by die Kaalberg wat na Seïr toe oploop. Josua het die gebied onder die stamme verdeel sodat hulle daar kon bly.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Hier volg nou ook 'n lys van die konings van die land duskant die Jordaan, aan die westekant, wat deur Josua en die Israeliete verslaan is, van Baäl-Gad in die Libanonvallei af tot by Kaalberg wat na Seïr toe oploop. Josua het die gebied tussen die stamme as besitting verdeel:
Afrikaanse Bybel 1983

7
En dit is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Ba„l-Gad in die laagte van die L¡banon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Se‹r toe; en Josua het dit as 'n besitting aan die stamme van Israel gegee volgens hulle afdelings --
Afrikaanse Bybel 1933/1953