A A A A A
Josua 12
6
Moses, die dienaar van die Here, en die Israeliete het hierdie twee konings verslaan. Moses het die gebied aan die stamme Ruben, Gad en die halwe Manassestam as erfgrond gegee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Moses, die dienaar van die Here, en die Israeliete het hierdie konings oorwin, en Moses, die dienaar van die Here, het die grond gegee vir die stamme Ruben en Gad en vir die halwe Manasse-stam.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Moses, die dienaar van die Here, en die Israeliete het vroeër hierdie konings verslaan. Daarna het hy hierdie gebiede aan die stamme van Ruben en Gad en die helfte van die Manassestam as hulle eiendom gegee.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Moses, die dienaar van die Here, en die Israeliete het hierdie twee konings verslaan, en Moses het die gebied aan die stam Ruben, die stam Gad en die halwe Manassestam as besitting gegee.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Moses, die kneg van die HERE, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die HERE, het dit as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.
Afrikaanse Bybel 1933/1953