A A A A A
Josua 11
7
Josua en sy hele mag het na die Meromwaters opgeruk en hulle in ’n verrassingsaanval oorval.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Josua en al die soldate by hom het die vyande gesien by die Merom-rivier en hulle het die vyande aangeval. Die vyande het dit nog nie verwag nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Josua en sy soldate is toe af na Merom toe, waar hulle ’n verrassingsaanval op die ander leër geloods het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Josua en al sy manskappe het die vyand skielik oorval by die Meromwaters.
Afrikaanse Bybel 1983

7
En Josua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval.
Afrikaanse Bybel 1933/1953