A A A A A
Josua 11
17
Die gebied van Israel het nou geloop van Kaalbergwat oploop na Seïr toe, tot by Baäl-Gad in die Libanonvallei aan die voet van die Hermonberg. Josua het al die konings van hierdie gebiede verslaan en hulle doodgemaak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Dit was die land van die Galak-berg naby die land Seïr tot by die stad Baäl-Gad in die Libanon-vallei suid van Hermon-berg. Josua het al die konings oorwin en hy het hulle doodgemaak.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
[17-18] Die gebied het gestrek van die Kaalberg in die suide, wat oploop na Seïr toe, tot by Baäl-Gad, aan die voet van die berg Hermon in die Libanonvallei in die noorde. Josua was lank in ’n oorlog met die konings van hierdie gebied gewikkel, maar hy het hulle uiteindelik almal verslaan en doodgemaak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
Die gebied het gestrek van Kaalberg af wat na Seïr toe oploop, tot by Baäl-Gad in die Libanonvallei onderkant Hermonberg. Josua het al die konings in dié gebied verslaan en doodgemaak.
Afrikaanse Bybel 1983

17
van die Kaal Berg af, wat oploop na Se‹r toe, tot by Baäl-Gad in die laagte van die L¡banon onderaan die berg Hermon; en al hulle konings het hy gevang en hulle verslaan en hulle gedood.
Afrikaanse Bybel 1933/1953