14 |
Alles wat hulle in hierdie stede kon buit en die vee het Israel vir hulleself gehou. Hulle het die mense uitgeroei tot daar nie een oor was nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
14 |
Die Israeliete het al die goed in die stede en al die diere vir hulleself gevat, maar hulle het al die mense doodgemaak, hulle het niemand laat aanhou lewe nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
14 |
Die Israeliete het die buit en al die vee van die stede vir hulleself gevat, maar die inwoners het hulle doodgemaak. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
14 |
Die Israeliete het die buit en die vee van die stede gevat, maar al die mense doodgemaak. Hulle het die mense heeltemal uitgeroei. Nie een het bly lewe nie. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
14 |
En al die buit van daardie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulleself buitgemaak; net al die mense het hulle verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle die verdelg het; hulle het niks wat asemhaal, laat oorbly nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|