A A A A A
Josua 1
15
Eers nadat die Here ook aan julle broers vaste blyplek gegee het en hulle die grond in besit geneem het wat die Here julle God aan hulle gee, kan julle terugkom om julle te vestig in die deel oos van die Jordaan wat die Here se dienaar Moses vir julle gegee het.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Wanneer die Here die vyande van die ander Israeliete ook oorwin het en wanneer die ander Israeliete die land gevat het wat julle God die Here vir hulle gee, dan mag julle terugkom na julle eie grond wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle oos van die Jordaan-rivier gegee het.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Nadat die Here vir julle volksgenote ook ’n rusplek gegee het soos vir julle, en nadat julle hulle gehelp het om die land wat die Here julle God vir hulle gee, in te neem, kan julle weer hierheen terugkom. Dan kan julle hier aan die oostekant van die Jordaan kom bly. Dit is die gebied wat Moses, die Here se dienaar, vroeër aan julle gegee het.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Eers nadat die Here aan julle volksgenote 'n vaste woonplek gegee het soos vir julle, en hulle ook die gebied in besit geneem het wat die Here julle God aan hulle gee, kan julle terugkom. Dan kan julle julle eie gebied wat Moses die dienaar van die Here aan julle oos van die Jordaan toegeken het, in besit neem.”
Afrikaanse Bybel 1983

15
totdat die HERE aan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle sal gee; dan kan julle teruggaan na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en dit in besit neem.
Afrikaanse Bybel 1933/1953