A A A A A
Josua 1
1
Moses, die dienaar van die Here, is dood. Daarna het die Here met Josua, seun van Nun, begin gepraat. Hy was vroeër die assistent van Moses. Die Here het vir hom gesê:
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Moses, die dienaar van die Here, het gesterf. Josua seun van Nun het vir Moses gewerk. Die Here het vir Josua gesê:
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Na die dood van Moses, die groot dienaar van die Here, het die Here met Josua kom praat. Hy was die seun van Nun. Josua was vroeër ook Moses se assistent. Die Here het vir hom gesê:
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Na die dood van Moses, die dienaar van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun en assistent van Moses, gesê:
Afrikaanse Bybel 1983

1
En ndie dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:
Afrikaanse Bybel 1933/1953