26 |
Ek het tot die Here gebid en gesê: ‘O oppermagtige Here, moenie u eie volk vernietig nie. Hulle is u eiendom wat U uit Egipte verlos het deur u groot mag en wonderlike krag. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
26 |
Ek het tot die Here gebid en gevra: ‘Here, my Here, U moenie u volk almal doodmaak nie, hulle is u volk. U het hulle vir Uself losgekoop en U het hulle met u groot krag uit Egipte gebring, U is groot. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
26 |
Maar ek het vir julle gebid en gesê: ‘Almagtige God, moet tog nie u eie mense uitwis nie. Moet tog nie die mense wat U so kragdadig uit Egipte se swaarkry gered het, verwoes nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
26 |
Ek het tot Hom gebid: Here my God, moet tog nie u volk vernietig nie. Hy is u eiendom, U het hom gered toe U hom deur u groot mag en met kragtige dade uit Egipte laat wegtrek het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
26 |
En ek het die HERE gebid en gesê: Here, HERE, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur 'n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|