2 |
Hulle is sterk en groot — die afstammelinge van die beroemde Enakitiese reuse. Jy ken die uitdrukking wat sê: ‘Wie kan staande bly teen die Enakiete?’ |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
2 |
En daar is groot en lang mense, die Enak-mense. Julle weet van hulle en julle het self gehoor dat mense sê: ‘Wie kan oorlog maak teen die Enak-mense? Niemand.’ |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
2 |
En die mense is groot. Hulle is soos die reuse waarvan jy al gehoor het. Niemand kon hulle ooit oorwin nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
2 |
Jy weet hoe 'n groot en sterk volk die Enakiete is. Jy het gehoor daar word gevra: ‘Wie kan die Enakiete teëstaan?’ |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
2 |
'n groot volk van hoë gestalte, die kinders van die Enakiete, wat jy self ken en van wie jy hoor sê het: Wie kan standhou voor die kinders van Enak? |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|