A A A A A
Deuteronomium 9
19
Ek was bang, want die woede van die Here was so erg dat Hy julle wou uitroei. Maar die Here het weer ’n keer na my geluister.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Ek was baie bang dat die Here so kwaad was vir julle dat Hy julle almal sou doodmaak. Maar die Here het ook hierdie maal gedoen wat ek vir Hom gevra het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Ek was ook vir die Here se woede bang. In sy verskriklike woede wou Hy julle verwoes, maar gelukkig het Hy weer na my geluister.
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Ek was bang, want die toorn, die gramskap van die Here, het so teen julle ontvlam dat Hy julle wou uitroei. Maar ook hierdie keer het die Here na my geluister.
Afrikaanse Bybel 1983

19
Want ek was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee die HERE op julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg; maar die HERE het my die keer ook verhoor.
Afrikaanse Bybel 1933/1953